President Cyril Ramaphosa en ander regeringslui besoek die Oos-Kaap waar oorstromings talle lewens geëis het. Verbruikers moet hulle staal vir hoër rooivleispryse te midde van pogings om die uitbreking van bek-en-klouseer te bekamp. Tien van die elf beskuldigdes in die SASSA-bedrogsaak van miljoene rand is borgtog toegestaan.
--------
50:00
Spektrum 12 Junie 2025
Beskuldigdes wat na bewering R260-miljoen by SASSA gesteel het, verskyn in die hof. Ontvoerings in Gauteng neem toe. Hoe bang moet ons wees vir die nuwe Covid-uitbreking oorsee?
--------
45:34
Spektrum 11 Junie 2025
Nog liggame word uit die water gehaal waar 'n minibustaxi met skoolkinders gister deur vloedwater in die Oos-Kaap meegesleur is. Die aankondiging van 'n nasionale dialoog ontlok reeds kritiek. 'n Nuwe reënpaddaspesie word in KwaZulu-Natal ontdek.
--------
52:16
Spektrum 10 Junie 2025
Bek-en-klou-entstof word nou uit Botswana ingevoer. Die regter in die Senzo Meyiwa-moordsaak bied verskoning aan vir sy uitlatings. Koue weer ontwrig verkeer in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.
--------
50:01
Spektrum 9 Junie 2025
Wye reaksie op die sogenaamde "Bomeenheid" van die Johannesburgse burgemeester, wat glo dienslewering moet verbeter. 'n Dik laag sneeu op die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg in die Oos-Kaap lei tot die sluiting van die N9. Inwoners van Boksburg kla oor suur mynwater wat in die woonbuurt se waterbronne beland.